Tydlose Marion alles behalwe 'n beginner!


Of jy nou 'n Marion Holm Beginner is en of jy nou 'n advanced fan is, een ding is verseker, elke show is soos 'n eerste keer. Dalk omdat mens deur verskillende tye deur jou lewe gaan, soos haar metaforiese Holmakiesie en dus by tye alles anders ervaar - en lag dan huil word en huil dan lag.

Ek sit gisteraand in Pieter Toerien se Theatre on the Bay tydens die Marion vir Beginners show en ek dink aan al die mense in my lewe wat ek SO graag op daardie oomblik daar wou hê. En ek besef, dit gaan oor mense. Marion gaan oor mense, haar mense wat ons mense word - want jy kan nie anders as om jouself in te leef in haar prentjie-kop nie. En dit gaan oor ons mense. Dit gaan oor ons Nakkies en Christies, wat aan ons ‘n loopbaan en lewe gee. Dis hulle stories, staaltjies, liefde en hande wat ons bybly en waaraan ons klou soos ons ouer word. EN dit gaan oor daardie kort spesiale indrukwekkende oomblik saam met ‘n vreemdeling wat jy nooit weer gaan sien nie, in ‘n hospitaal, bank queue of ‘n princess catamaran tydens vuurwerke.

So gisteraand het ek gelag tot ek huil en ek het gehuil tot ek lag soos ons saam met Marion karakters ontmoet en groet. Maar daar was meer lag. Want die uiters begaafde aktrise neem jou op ‘n komiese sentimentele pad (en river raft) saam met vriende en familie, en laat jou met ‘n ligte en dankbare hart agter.

Ek verlaat die teater vol waardering. Waardering vir my mense wat in my lewe is en nog mense wat gaan wees, waardering vir kuns en die vreugde wat dit vir ons as mens bring, en waardering vir ‘n fenominale aktrise soos Marion Holm wat op ‘n eerlike en vrek snaakse wyse haar lewe en talent met die Suid-Afrikaanse publiek deel.

So ja, ek het my Holmakisie gedoen en op my voete geland en ek is nou amptelik ‘n Advanced Marion fan!

Navrae:

www.marionholm.co.za | https://www.facebook.com/holmmarion | Kosie House of Theatre

Anel Steyn ‘n Marion Holm Beginner saam met Marion Holm, 2008 by die Boer, Kaapstad.

#marionholm

Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

www.timelesstalks.co.za  l  info@timelesstalks.co.za  l 021 975 3515  l  Durbanville